Afrikaans Bible

1 KRONIEKE 23

1 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 24

1

Ook die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Ab¡hu, Ele sar en Itamar.

2

Maar Nadab en Ab¡hu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat Ele sar en Itamar die priesteramp bedien het.

3

En Dawid saam met Sadok, uit die seuns van Ele sar, en Ahim‚leg, uit die seuns van Itamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel.

4

Maar toe dit blyk dat die seuns van Ele sar talryker was aan gesinshoofde as die seuns van Itamar, het hulle die so ingedeel: vir die seuns van Ele sar sestien familiehoofde en vir die seuns van Itamar volgens hulle families agt.

5

En hulle het hul deur die lot verdeel, die een sowel as die ander; want daar was heilige vorste en vorste van God uit die seuns van Ele sar en onder die seuns van Itamar.

6

En Sem ja, die seun van Net neël, die skrywer, uit die Leviete, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahim‚leg, die seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete; een familie is uitgeloot vir Ele sar, en telkens weer vir Itamar.

7

En die eerste lot het uitgekom vir Jojarib, die tweede vir Jed ja,

8

die derde vir Harim, die vierde vir Seorim,

9

die vyfde vir Malk¡a, die sesde vir Mij min,

10

die sewende vir Hakkos, die agtste vir Ab¡a,

11

die negende vir J‚sua, die tiende vir Seg nja,

12

die elfde vir ljasib, die twaalfde vir Jakim,

13

die dertiende vir Huppa, die veertiende vir Jes‚beab,

14

die vyftiende vir Bilga, die sestiende vir Immer,

15

die sewentiende vir Hesir, die agttiende vir Happ¡sses,

16

die negentiende vir Pet gja, die twintigste vir Es‚giël,

17

die een en twintigste vir Jagin, die twee en twintigste vir Gamul,

18

die drie en twintigste vir Del ja, die vier en twintigste vir Maäsja.

19

Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die huis van die HERE te gaan volgens die verordening deur hul vader Aäron aan hulle, soos die HERE, die God van Israel, hom beveel het.

20

Wat die orige seuns van Levi betref, van die seuns van Amram: Subael; van die seuns van Subael: J‚gdeja.

21

Wat Reh bja betref, van die seuns van Reh bja: Jiss¡a, die hoof.

22

Van die Jishariete: Selomot; van die seuns van Selomot: Jahat.

23

En die seuns van Hebron: Jer¡a, die eerste; Am rja, die tweede; Jah siël, die derde; Jek meam, die vierde.

24

Die seuns van Ussiël: Miga; van die seuns van Miga: Samir.

25

Die broer van Miga was Jiss¡a; van die seuns van Jiss¡a: Sagar¡a.

26

Die seuns van Mer ri was Magli en Musi; die seuns van sy seun Jaäs¡a.

27

Die seuns van Mer ri deur sy seun Jaäs¡a was Soham en Sakkur en Hibri.

28

Van Magli: Ele sar; die het geen seuns gehad nie.

29

Wat Kis betref, die seuns van Kis was Jer gmeël.

30

En die seuns van Musi was Magli en Eder en J‚rimot. Dit was die seuns van die Leviete volgens hulle families.

31

En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahim‚leg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.

1 KRONIEKE 25

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: