Afrikaans Bible

PSALMS 51

PSALMS

Return to Index

Chapter 52

1

Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van Dawid.

2

toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahim‚leg ingegaan.

3

Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag!

4

Jou tong beraam onheil, soos 'n geslypte skeermes, o werker van bedrog!

5

Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.

6

Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!

7

So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.

8

En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:

9

Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid! [ (Psalms 52:10) Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd. ] [ (Psalms 52:11) Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want die is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote. ]

PSALMS 53

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: