Afrikaans Bible

PSALMS 93

PSALMS

Return to Index

Chapter 94

1

God van wraak, o HERE, God van wraak, verskyn in ligglans!

2

Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!

3

Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel?

4

Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd -- al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.

5

o HERE, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.

6

Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese

7

en sê: Die HERE sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.

8

Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?

9

Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?

10

Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie -- Hy wat die mens kennis leer?

11

Die HERE ken die gedagtes van die mense -- dat hulle nietigheid is.

12

Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,

13

om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.

14

Want die HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;

15

want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.

16

Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?

17

As die HERE vir my nie 'n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.

18

As ek dink: My voet wankel -- dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE!

19

As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.

20

Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in?

21

Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.

22

Maar die HERE is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.

23

En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.

PSALMS 95

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: